Spring na inhoud

Loevenstein · Kaapstad · Sedert 2024

Straat KoffieGees en gesellig

Koffie. Koues. Gemeenskap. Nie 'n winkel nie, maar 'n sosiale klub in 'n garage. Kom gooi 'n draai, die yskas is altyd vol.

Wat gaan aan

Events by die garage

Live musiek, braais, kar-oggende en wat ook al die garage volgende uitdink.

  • StraatKoffie Shantys Evening

    StraatKoffie Shantys Evening

    10 Desember 2026 is ons eerste Shantys Aand. Kom maak gerus n draai in die private StraatKoffie Koffie en Bier bar. Daar sal 'n biertjie beskikbaar wees, koffie as dit nodig is, en lekker gees. Stuur gerus jou besonderhede en kom sing saam tussen 19:00-21:00. Of kom luister gerus.

    Meer inligting : StraatKoffie Shantys Evening

Die storie

Nie 'n kafee nie. 'n Sosiale klub.

Kyk, ons doen nie daai stywe korporatiewe ding nie. Jy sal nie ingewikkelde spyskaarte of Wi-Fi-wagwoorde hier kry nie.

Straat Koffie het in 'n garage begin met een missie: om mense weer te laat gesels. Opregte koffie, en yskoue plaaslike bier wanneer die son begin sak.

Of jy nou inloer vir 'n espresso-skop of 'n middag-dumpie saam met die ouens, hier is jy familie. Kom en wees gesellig.

Straat Koffie se stigter in die garage

Wat jy hier kry

  • Koffie

    Vir die catch-up, of daai vinnige espresso-skop voor jy weer ry.

  • Koues

    Yskoue plaaslike bier en ander koues wanneer die son sak en die mense begin kuier.

  • Garage merch

    Tees, caps, glase en klein-batch goed wat jy net by die klub raakloop.

Die hoofkantoor

Die Garage

Rou beton. Herwonne hout. Die reuk van petrol, hops en espresso. Trek 'n stoel nader, sit op 'n krat, ontspan.

Straat Koffie se toonbank
Die Toonbank
Mense wat by Straat Koffie kuier
Die Mense
Koffie en koeldrank in die garage
Die Brandstof

Kom kuier

Pull in by die garage.

Kry aanwysings, stuur 'n e-pos, en kom maak 'n draai vir koffie, koues en goeie mense.

Adres: 26 Rhebok Close, LoevensteinCape Town, 7530

Wil jy weet wat vandag aangaan? Volg ons op Instagram.

Straat Koffie

Ons is net 'n klomp locals wat raas in 'n garage. Kom sê hallo. Drink 'n bier. Bring jou stres. Loop gelukkig.

26 Rhebok Close, Loevenstein

Cape Town, 7530

Kontak ons

info@straatkoffie.co.za

© 2026 Straat Koffie. Alle regte voorbehou.